Sit aan vir die eerste Kokkedoor Verskyn en Verdwyn-ete* op die Vondeling proe local in die Paardeberg. Kokkedoor-beoordelaar Sjef Nic van Wyk, tesame met Tiaan Langenegger en Mynhardt Joubert, wenners van Kokkedoor 2013 kook onthoukos met ‘n kinkel. Tussen die kap, klits en klop vir die vyf-gang spyskaart deel die kokke hul kostruuks, wenke en kinkelidees.

Kokkedoor Verskyn en Verdwyn Spyskaart
Pantoffelbrood met plaasbotter en tamatiekonfyt
Spek- en kaasvetkoek met mosterdskuim
Saffraangegeurde seekossop met snoekkluitjies
Koringrisotto met stadig-gaargemaakte wildskenkel en groenbone
Koejawel en rabarberkrummel, soetwyn en heuning pannacotta

Besonderhede
Plek: Vondeling
Datum: 26, 27 en 28 Julie
Prys: R300 per person (sluit in wyn en Kokkedoor geskenk pakkie)

Bespreek so:
Slegs 40 gaste per sessie, so spring met jou bespreking.
Stuur ‘n epos na info@kokkedoortv.co.za en ons sal jou kontak met verdure besonderhede.

*Die Verskyn en Verdwyn-konsep is die Kokkedoor-kykie na “pop-up restaurants”. Die Afrikaanse woord is die breinkind van Kinkelkok-wenner Tiaan Langenegger.