Tuesday, 17 November 2015 12:29

Kokkedoor Verskyn en Verdwyn-ete

Sit aan vir die eerste Kokkedoor Verskyn en Verdwyn-ete* op die Vondeling proe local in die Paardeberg. Kokkedoor-beoordelaar Sjef Nic van Wyk, tesame met Tiaan Langenegger en Mynhardt Joubert, wenners van Kokkedoor 2013 kook onthoukos met ‘n kinkel. Tussen die kap, klits en klop vir die vyf-gang spyskaart deel die kokke hul kostruuks, wenke en kinkelidees.

Kokkedoor Verskyn en Verdwyn Spyskaart
Pantoffelbrood met plaasbotter en tamatiekonfyt
Spek- en kaasvetkoek met mosterdskuim
Saffraangegeurde seekossop met snoekkluitjies
Koringrisotto met stadig-gaargemaakte wildskenkel en groenbone
Koejawel en rabarberkrummel, soetwyn en heuning pannacotta

Besonderhede
Plek: Vondeling
Datum: 26, 27 en 28 Julie
Prys: R300 per person (sluit in wyn en Kokkedoor geskenk pakkie)

Bespreek so:
Slegs 40 gaste per sessie, so spring met jou bespreking.
Stuur ‘n epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. en ons sal jou kontak met verdure besonderhede.

*Die Verskyn en Verdwyn-konsep is die Kokkedoor-kykie na “pop-up restaurants”. Die Afrikaanse woord is die breinkind van Kinkelkok-wenner Tiaan Langenegger.

OPENING HOURS

Wine Tasting: Monday to Friday, 10:00 to 17:00
Weekends and Public Holidays by appointment (for groups larger than 8)
Office Hours: Monday to Friday, 08:00 to 17:00

Contact Us

Telephone: +27 (0)21 869 8595
Email:info@vondelingwines.co.za

Vondeling Wines (Google Maps)
Voor-Paardeberg
South Africa

Find an agent in your country

5 stars on Tripadvisor

Gallery